Welkom by Kleuterzone Vereeniging
Tania Sutton
Hoof
Brief uit die Hoof se pen:
Alle kinders het net ‘n bietjie hoop nodig, ‘n bietjie hulp en iemand wat in hulle glo. Ons is ‘n Christelike skool wat lief is vir aanbidding en lof aan die Here.
Ons het liefdevolle onderwysers, wat strewe om ons kleintjies gelukkig en laggend te hou en elke dag weer terug te wil laat kom.
Ons spyskaarte is seker om daardie magies vol te hou met voedingstowwe en vitamiene, met vrugte, groente en stysel en dalk iets soets af en toe.
Ons volg die ELDAS-kurrikulum, waar kinders fyn- en grof-motoriese vaardighede aanleer en hul kognitiewe ontwikkeling laat werk en gereed maak vir die toekoms. Ons bespreek elke week verskillende temas om hul verbeelding te verbreed en dit wild aan die gang te hou.
Hoekom Kleuterzone Vereeniging kies?
Ons plaas ons kinders se behoeftes eerste en behandel hulle soos ons eie, en verseker net geluk en laggies.